About Jakkie Louw international

Jakkie Louw Biog 2013

Jakkie Louw is 'n Oudtshoorn gebore boerseun.
Sy dominee Pa, Nico Louw is egter kort na sy geboorte beroep na Bellville waarheen hulle toe verhuis het.
1997
Jakkie matriekuleer by Hoerskool DF Malan in Bellvile. Na skool het Jakkie gaan swot aan die Universiteit van Stellenbosch in die graad B.Comm. Jakkie het gedurende sy studente jare op Stellenbosch reeds begin sing by die studente kuierplekke soos, Tollies en Bohemia. Liedjies soos "'Ek en Jy en 'n Bottel Tas" en "Rambo die polisiehond" was groot treffers vir Jakkie in daardie jare.
2002
Jakkie verhuis na Pretoria. Hy het Donderdae aande gesing in Maloneys (in Hatfield) en Sondae aande by McGinty's op Hatfield sqaure.
Kort voor lank was hierdie plekke week op week vol bespreek en die studente het begin rye staan om deel te wees van hierdie suksesvolle partytjie aande.
2006
Jakkie het gaan geld leen om sy eerste CD op te neem. Hierdie CD het die snit Drie Pikkewyne opgehad, wat gemaak het dat Jakkie as volksbesit in Suid Afrika beskou word.
Daarna het hy 'n 5 jaar kontrak met Select geteken en die deure van die Afrikaanse musiek industrie het oopgeswaai.
2007
Jakkie het die Oskar toekenning gewen vir beste nuweling in SA. Vorige wenners sluit sterre soos Bok van blerk en Nicholas Louw in.
Hy en sy band het begin rond toer deur SA om by elke fees en skou te gaan sing. Hy is ook oorsee genooi om in die bekende pubs en kuierplekke te gaan sing, waar talle studente hom ondersteun het.
2008
Jakkie toer die land vol en doen 217 vertonings reg oor SA. Dis tot op hede Jakkie se besigste jaar as musikant ooit gewees.
2009
Jakkie het 'n 'n CD uitgebring met die naam "Marrietjie se hoender". Op hierdie CD was komiese liedere soos "Die Hoender song" en ook die meer intense, bekende duet saammet Kevin Leo "Voshaarnooi "(wat hy later in die fliek "Liefling" gesing het). Hierdie CD is by die SAMA(South Afrikan Music Awards) genomineer as beste Afrikaanse Pop CD van die jaar.
Jakkie het 'n vertoning geskryf met die naam "Jakkals en Leeu" saammet sy vriend Kevin Leo. Hierdie is 'n gesonde mengsel van Afrikaanse rock sowel as klassieke musiek. Jakkie en Kevin het regoor die land begin toer en die vertoning verkoop uit waar hulle gaan.
2010
Jakkie het by sy platemaatskappy aangekom met 117 nuwe liedjies. Hy was reg vir 'n nuwe CD. Hulle kies die beste liedjies en hy bring sy treffer CD "Gemaak in SA" uit. Hierdie CD is weke onder die top tien verkopers in SA. Hy word ook genomineer vir sy tweede SAMA vir beste Afrikaanse Kontemporere manlike kunstenaar. Op hierdie CD was groot liedjies soos "Gemaak in SA", Bamboesbos, Een miljoen woorde, Gebed van die vreeslose en Marulaboom" . Gebed van die vreeslose en Een miljoen woorde wen talle toekennings by radio stasies. Die musiekvideo van "En miljoen woorde" word ook vir 'n Huisgenoot Tempo toekenning genomineer, vir beste musiekviedeo van die jaar.
Jakkie het daarna by beide die Huisgenoot Skouspel plus(Kaapstad) en die Sun City Huisgenoot skouspel opgetree.
2011
Jakkie begin met sy Cansa toere waar hy 12 shows gratis doen vir Cansa relay for life. Hy toer Suid Afrika van voor tot agter en doen sy eerste dans liedjie(waarin hy self dans) die Marulaboom lewendig op die verhoog.
2012
Jakkie, sy vrou Anel en hulle dogtertjie Linke baie lekker in Pretoria. Hy het reeds sy eerste boek "Liedjieskrywer 101" uitgebring waar hy jong liedjieskrywers leer liedjies skryf. Sy tweede boek is genaamd "Bakkie Louw se Jak en Brou" waarin hy mense lekker leer kook met sy geurige en unieke resepte. Hy skryf 'n lewendige "kookshow" met dieselfde naam. Die vertoning raak so populer dat Spar hom 'n nasionale borg gee om die vertoning reg oor SA te doen.
Jakkie verskyn ook in die nuwe trefferfilm - Pretville
Jakkie toer in Dubai en Amerika en het 'n besige skedule om by al die dorpe in ons land uit te kom.
2013
Jakkie skryf en launch sy grootste CD tot dusver genaamd.."NOMMER EEN". Die liedjies is nuut, vars en baie goed. Hy bewys dat sy vertonings die grootste partytjies in SA gaan wees. Nommer een gaan die land oorvat in 2013. Jakkie beplan weer 'n groot toer skedule en hy is reg vir julle.


Return to profile